Thursday, September 6, 2007

Raad soek nou nét swart kleinsake

Raad soek nou nét swart kleinsakeSep 04 2007 11:58:21:987PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
DisplayDCAd('220x120','1','');
dcmaxversion = 9
dcminversion = 6
Do
On Error Resume Next
plugin = (IsObject(CreateObject("ShockwaveFlash.ShockwaveFlash." & dcmaxversion & "")))
If plugin = true Then Exit Do
dcmaxversion = dcmaxversion - 1
Loop While dcmaxversion >= dcminversion
DisplayDCAd('220x120','2','');

Cobus Claassen
Die Tshwane-metroraad gaan voortaan géén kleinsake-transaksies met wit ondernemings doen nie.
Dít is die interne opdrag wat die raad se aankope-afdeling verlede week uit die bloute gekry het.
Mnr. Kiba Kekana, munisipale bestuurder van die raad, het verlede maand ’n verslag goedgekeur wat behels dat geen wit ondernemings voortaan in ag geneem sal word wanneer die raad goedere van minder as R30 000 aankoop nie.
Dieselfde geld ook aanvaarding van tenders.
Beeld het ’n afskrif bekom van die verslag wat Kekana op 6 Augustus goedgekeur het (uittreksel hiernaas).
Die veranderinge wat goedgekeur is, het al op 1 September in werking getree.
Luidens die verslag sal slegs klein- en middelslagondernemings (KMO’s) “wat in uitsluitlik swart besit is” en op die raad se databasis is, oorweeg word.
Kwotasies moet bekom word van ten minste drie verskillende diensverskaffers.
In die verslag word onder meer voorgestel dat alle delegasie van magte met die aankoop van goedere herroep moet word nadat die raad se nuwe alternatiewe diensleweringstruktuur op 1 Julie in werking getree het.
’n Amptenaar van die raad wat nie sy naam genoem wil hê nie uit vrees dat hy sy werk kan verloor, sê wit ondernemings het in die verlede die jawoord gekry as hul kwotasies goedkoper was.
“Ons het verlede week opdrag gekry dat daar nou nét by swart ondernemings aankope gedoen mag word. Ek het vanoggend (gister) tussen R6 000 en R7 000 méér betaal vir goedere om aan die nuwe vereiste te voldoen.
“Dit gaan nog ’n duur opdrag word,” voorspel hy.
In die verslag word aangedui dat ’n “afwykingsverslag” deur mnr. Hamilton Hhlom, die uitvoerende direkteur van verkrygingsdienste, goedgekeur moet word wanneer daar nie drie sulke kwotasies bekom kan word nie en daar noodgedwonge van ’n wit onderneming se dienste gebruik gemaak moet word.
’n Eienaar van ’n onderneming wat die afgelope 15 jaar sake doen met verskeie departemente van die raad, het gister gesê hy sal sy onderneming se deure onmiddellik moet sluit.
“Ek het eers gedink dis ’n grap toe ek die gerugte hoor. Dit is egter alles behalwe ’n grap as jy weet dit is die einde van jou onderneming. Hoe vertel ek dit vir my werkers?”
Me. Natasha Michael, DA-hoofsweep, sê die DA het gister met skok kennis geneem van die verslag.
“Die raad doen tans sake met verskeie swart ekonomiese bemagtigingsondernemings (SEB). Jare se ervaring gaan egter nou net geïgnoreer word.”
Volgens Michael is dit nie nasionale wetgewing se “bedoeling” om sekere individue te isoleer op grond van ras nie.
“Dit is bloot daar om vorige wanbalanse reg te stel. Die verslag gaan egter daartoe lei dat nuwe wanbalanse geskep gaan word.”
Mnr. Conrad Beyers, VF+-raadslid, het die besluit gister as skandalige ANC-rassisme bestempel.
“Die ANC steek nou alle grense van billikheid oor. Dit gaan alles oor ideologie en selfs mense wat hul brood en botter verdien, bly bloot op grond van ras in die slag.”
Mnr. Louis McLaren, nasionale verteenwoordiger vir SEB van die Afrikaanse Handelsinstituut, het gesê dit lyk of die raad begin voorberei vir die bemagtigingstelkaart waarvolgens hy aanstaande jaar oor SEB en transformasie verantwoording sal moet doen.
Die raad het nie gister op Beeld se navrae reageer nie.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2177255,00.html

1 comment:

Anonymous said...

[url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/ganardinero.jpg[/img][/url]
[b]Toda la informacion que buscas sobre ganar dinero[/b]
Nosotros hemos encontrado la mejor pagina web en internet de como trabajo casa. Como nos ha sido de interes para nosotros, tambien les puede ser de utilidad a ustedes. No son solo metodos de ganar dinero con su pagina web, hay todo tipo de metodos para ganar dinero en internet...
[b][url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/dinero.jpg[/img][/url]Te recomendamos entrar a [url=http://www.ganar-dinero-ya.com/]Ganar-dinero-ya.com[/url][url=http://www.ganar-dinero-ya.com][img]http://www.ganar-dinero-ya.com/dinero.jpg[/img][/url][/b]