Sunday, May 6, 2007

Mooi , kom aan


Yesterday was Pretoria , today its Boksburg, tomorrow the entire Country!!!!
Soos een straat sal ons om jou val
May 12 2007 07:04:37:300AM - (SA)

Rondebultweg in Boksburg is "herdoop" na "Generaal de la Reyweg".
Die oud-Boerekryger genl. Koos de la Rey het nou ook die Oos-Rand “geïnfiltreer”.

Dié legende, wie se naam deesdae weer op almal se lippe is omdat die sanger Bok van Blerk oor hom sing, se naam pryk nou ook by Rondebultweg in Boksburg wat die naweek na “Generaal De la Reyweg” “herdoop is”.
’n Behoorlike, duur straatnaambod is selfs, sover vasgestel kon word, oor die naweek op die middelmannetjie van Rondebultweg, naby die East Rand Mall-winkelsentrum, geplant waar almal dit kan sien.
Daar is ook ’n plakker met die ou Transvaalse vierkleurvlag op die naambord geplak. Die naam van die webwerf boerevryheid.co.za is ook daarop aangebring.
Behalwe vir Kampkommandant Andries Pretorius en Admiraal Guardian word geen name of kontakpersone op die webwerf genoem nie.
Daar kon dus nie vasgestel word of dié organisasie wel die straatnaambord aangebring het nie.
Volgens mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder van die Ekurhuleni-metroraad, is dit onwettig om borde langs paaie op te rig. Hy sê die metroraad sal ondersoek instel na wie die bord opgerig het en ook of iemand daarvoor verantwoordelik gehou kan word.
– Schalk Mouton- beeld