Sunday, August 26, 2007

Hoeveel mense voel hulle drome het uiteindelik waar geword in die Nuwe Suid-Afrika?

Blou Makou
2007-08-24

Druk dit/Print it

E-pos hierdie skakel/E-mail this link Dis die vraag wat Naomi vra op Vrydag, 24 Augustus 2007. Ek weet nie of mense noodwendig drome, eerder as verwagtinge, oor die NSA gehad het nie. Maar kom ons praat dan van drome of verwagtinge.My verwagtinge van die NSA was geskoei op logika en konklusies oor die res van Afrika. Ek is dus nie verras deur wat sedert 1994 gebeur het nie. Die NSA het die pad (lees: afdraand) geloop wat ek verwag het. Niks verrassings daar nie en sover nie. Alles sedert 1994 verloop nog volgens die Afrika-bloudruk. Ek dink egter vele ander mense het die valse beloftes en opportunisme van die politici geglo en is intussen erg teleurgesteld. (Die yskaste en stowe het nie uit die lug geval soos beloof nie). So het die NP (later NNP) geleer tel, nadat hulle opportunisties orals loop en vertel het hoe hulle die verkiesing in 1994 gaan wen. Nadat hulle weer hulle agterente sonder spieël gesien het in 1999, het hulle finaal geleer om te tel en besef 'n wit minderheid kan nie kompeteer met 'n oormag van getalle nie.Die ANC se stoutste verwagtinge en drome is oortref, volgens hulle leiers se eie erkenning. Hulle het alles en meer gekry as waarvan hulle gedroom het. Die ster van Afrika op 'n skinkbord, vir 30 sikkels silwer ...Net so ook het die 10+ miljoen onwettige immigrante en grenssluipers veel meer gekry as waarvan hulle gedroom het, naamlik die ANC wat 'n houding inneem dat dit goedkoper is om hulle RSA burgerskap te gee as om hulle te repatrieer. En nou kan hulle al die voordele geniet van die sogenaamde apartheidstaat, waar hulle veel beter af is as hulle eie lande van herkoms, waar dinge veel slegter is, want daar was nooit die voorspoed wat apartheid gebring het nie ... As die emosies en propaganda eers afgekoel het, besef jy: mens kan stemreg nie eet nie, al het die spul Kommuniste jou voorheen so laat glo of gemáák so glo.Die klomp verstokte, wit liberales se naïewe daggadroom oor utopia en grondwet en regstaat, het egter in 'n nagmerrie ontaard. Die Helen Suzman's, Alan Paton's, Max du Preez's en Koos Kombuise is wreed ontnugter. Hulle kom toe agter dat die Afrikaner toe al die tyd nie so boos en sleg was nie, veral toe die NSA se boosheid en slegtigheid selfs die hardste kriminele se stoutste verwagtinge oortref. 'n Plek waar jou lewe nie 'n spreekwoordelike tiekie werd is nie, maar jy wel die reg op lewe het - teoreties. Van al die gewaande wigte en teenwigte het niks gekom nie, en slegs die booswigte het die laaste sê.Die minderheidsvolke soos die Kleurlinge is niks beter af nie, want soos hulle self sê: "Voorheen was ons nie wit genoeg nie, nou is ons weer nie swart genoeg nie." Al wat van die Khoi en San mense in die NSA oorgebly het, is basies 'n paar onuitspreekbare woorde in die leuse van die landswapen.Die Afrikaners is ook in twee kampe verdeel: diegene wat die verlies van hul vryheid en hul vaderland intens voel en diegene wat, soos destyds tydens die Anglo-Boere Oorlog, doodgelukkig is om deur vreemdes regeer te word en na hulle nuwe meesters se pype te dans.Die swart volkere van die NSA is tevrede dat aan al hul verwagtinge en drome voldoen is, want hulle stem nog elke verkiesing vir die ANC. Verder het hulle swart meerderheidsregering gekry en het hulle in kort tyd die NSA van 'n eerstewêreld staat na 'n derdewêreld staat verander. En hulle is nou die nuwe base en kan die blankes domineer, nie deur voortreflikheid nie, maar deur getalle-oormag.En aldus steier die hutspot van volkere voort. Waar dit alles sal eindig, kan ek nie voorspel nie, maar ek kan wel logika gebruik en die volgende sê ... Oeps, daar gaan die son onder - tyd vir my whiskey en ys. Eishhh!

Blou Makou

No comments: