Friday, August 17, 2007

Die Engelse gevaar

Die Engelse gevaar

http://www.praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=811&Itemid=37

Geskryf deur Dan Roodt
Vrydag, 17 Augustus 2007
Stem in ons meningspeiling (regs onder): Behoort Boerehaat-Engelse soos Georgina Guedes toegelaat te word om in ons Republiek te woon?
Hiernaas verskyn ’n rubriek deur Anton Barnard, in reaksie op Engelse steun vir die naamsverandering van Pretoria.
So ’n ruk terug wou ek ’n boek begin skryf met die titel, “Die Engelse gevaar”. Oor die afgelope jare, in ’n poging om die gemors te begryp waarin ons land verval het, verslind ek geskiedenis. Soos my vrou droogweg teenoor my opmerk nadat ek haar van die soveelste insident vertel het waartydens die Engelse die Boere of Voortrekkers wou ondermyn: “Suid-Afrika se geskiedenis is eintlik die verhaal van Engelse wat die swartes opstook om die Afrikaners te gaan doodmaak.”
Oral waar daar oorloë tussen ons en swartes uitgebreek het, was daar iewers ’n Engelse sendeling betrokke. “Sendeling, ellendeling,” lui die Afrikaanse gesegde. Volgens sommige geskiedskrywers het Owen, die Britse sendeling wat by Dingaan se kraal werksaam was, vooraf geweet dat die moord op Piet Retief beplan word, maar verkies om nie die Voortrekkers te waarsku nie. Dan weet ons natuurlik van die haatveldtog wat Philip en Van der Kemp teen die Voortrekkers in die 1820s en 1830s gevoer het, en wat regstreeks tot die Groot Trek aanleiding gegee het.
Toe ons uiteindelik ná die Sandrivierkonvensie buite Engelse bereik ons eie republieke verkry het, was dit nie lank nie of Theophilus Shepstone annekseer die Transvaal in 1877. Hierna volg die Eerste Vryheidsoorlog teen die spul Britte en gelukkig vir ons gaan haal ons vir Colley en sy manne van Majuba af en wys hulle waar Dawid die wortels gegrawe het. Die vrede van die Pretoriase konvensie (1881) en die latere Londense konvensie (1884) het egter nie lank gehou nie, want in 1896 poog die Engelse om ’n staatsgreep in die Transvaal uit te voer met die Jameson Raid.
Dit gee regstreeks aanleiding tot die Tweede Vryheidsoorlog waartydens die Engelse gewapende swartes teen die Boere en veral die Boerevroue gebruik. Sowel Engelse as swartes molesteer of verkrag ons vroue, stop hulle en hulle kinders in konsentrasiekampe en pleeg ’n volksmoord waarvoor hulle nog nooit, anders as die Duitsers, die Turke, die Kambodjane of die Hoetoe’s van Rwanda, tot verantwoording geroep is nie.
Die 100 000 swartes wat deur die Britte tydens 1899-1902 bewapen is, vestig die patroon vir die twintigste eeu. Die Engelse het selfs ’n term daarvoor: war by proxy. ’n Mooi Afrikaanse uitdrukking vir dieselfde begrip is ’n “handskoenoorlog”.
Maak geen fout nie: Brittanje en die plaaslike Britte of rooinekke sal nie rus totdat ons as volk uitgewis of ten minste vernietig, gedekultureer en oor die aarde verstrooi is nie. Waarom die Engelse ons so haat, is moeilik om te verklaar. Een teorie is dat die koste van die Tweede Vryheidsoorlog hul empaaier geknak het en dat dit ook die res van Europa teen Engeland gekeer het, iets waarvoor hulle ons nog nooit vergewe het nie.
Myns insiens spruit Suid-Afrika se onophoudelike politieke probleme en twiste uit die verdeelde lojaliteit van die invloedryke groep uitlanders wat steeds, ondanks die ANC se revolusie, ons ekonomie en die media beheer. Ons moet ophou om na dié uitgeweke Britte wat in die noordelike voorstede van Johannesburg, Natal of Kaapstad saamkoek as “Suid-Afrikaners” te verwys, want ten minste die helfte van hulle was nog nooit lojaal aan ons land nie, maar het geheg aan hul ou Queen en die Union Jack gebly.
Georgina Guedes wat Pretoria se naam verander wil sien, is maar net nog ’n Engelse génocidaire oftewel volksmoordenaar wat alles wat Afrikaans is, hetsy ons plekname, hetsy ons kultuur, hetsy ons mense wat al soveel onder Britse wreedheid gely het, uitgeroei wil sien. En natuurlik gaan dit met die handskoen geskied, want sy hoef nie self haar hande vuil te maak nie. Daardie idioot wat haarself die burgemeester van Tshwane noem, gaan dit vir haar doen. Soos sy in haar rubriek skryf, gee Guedes nie om watter name ons stede aanneem nie. Want Londen sal mos altyd Londen wees. Of Lissabon wel Lissabon? Met ’n van soos Guedes haal Georgina nie eintlik Britse uitverkore status nie; dis eerder geval van ’n Porra wat haarself verbeel sy het Engels geword.
Min Afrikaners sal toelaat dat hul kinders met ’n Porra trou, want hulle wil nie ’n geneties verswakte nageslag hê nie. Die ongeletterdheidsyfer in Portugal is iets soos 35%, die hoogste in Wes-Europa. Nadat die Portugese uit Mosambiek en Angola verdryf is, het ons hulle hier as Westerse vlugtelinge verwelkom en hulle blanke status gegee, hoewel heelwat van hulle in hul gewese kolonies oorkant die draad gekuier het. Van Guedes ontvang ons nou stank vir dank. Vanuit die groentewinkel waar sy nog tamaties en koejawels verkoop het, verbeel sy haar nou sy is een of ander koloniale sekretaris in Londen wat die soveelste gewapende aanval op die Boere met ’n span Ghoerkas beplan.
Die huidige bestel met sy naamsveranderings is uit en uit ’n maaksel van die geradikaliseerde Britse intellektuele en joernaliste wat met hul grootse propagandaveldtog die oorwinning behaal het oor die arme Broederbond en Nasionale Party wat in sy sterwensfase een en dieselfde organisasie was.
So ook Zimbabwe, waar Brittanje teen sy eie mense, die Engelssprekende, blanke Rhodesiërs gekies het en geëis het dat Mugabe president word nadat die gematigde biskop Abel Muzorewa aanvanklik ’n demokratiese verkiesing gewen het. Ek onthou nou nog hoe die Engelse studente by Wits waar ek gestudeer het, in 1980 gejuig het toe die nuus oor die radio kom dat Mugabe die verkiesing gewen het. Hoewel daar in Brittanje konserwatiewe Britte bestaan, word ons plaaslike Britse intellektuele, joernaliste en selfs sakeleiers wat die Johannesburgse ekonomie beheer, beïnvloed vanaf plekke soos Kuba of die linkervleuel van die Arbeidersparty wat sedert die sewentigerjare een van die laaste buiteposte van Marxisme in Wes-Europa is.
Soos die ANC bestempel die Britte, hetsy in die moederland, hetsy plaaslikes, die situasie in Zimbabwe as “demokrasie”. Die idee dat hulle in 1980 ’n groteske fout begaan het, het nog nie by hulle posgevat nie en sal ook nooit nie. Toe die Afrikaners onder apartheid naarstiglik swart skole en hospitale opgerig het, het histeriese Engelse intellektuele, joernaliste en kerkleiers dit ’n “misdaad teen die mensdom” genoem. Die Engelse het ‘n probleem met hul werklikheidsbesef en is in staat om enigiets te sê wat in hulle koppe inkom. Wat hulle in Zimbabwe aangevang het, of die geweld en anargie wat hulle en die Amerikaners deur hul militêre inmenging in Irak gesaai het, behang hulle met die pragtige begrip, “demokrasie”.
Voordat ons vergeet, die Kerstraatbom is in Londen beplan, nie in Oos-Berlyn of Moskou nie.
Verwoerd sal onthou word as een van die groot Afrikanerleiers van die twintigste eeu. Immers het hy ons vir ’n wyle uit die verderflike Britse Statebond gekry en ons land in ’n soewereine republiek omskep. Maar hy het ook vele foute begaan.
Een van Verwoerd se grootste foute was sy verdraagsaamheid teenoor ons grootste vyand, die verraderlike Engelsman. Toe Suid-Afrika in 1961 ’n republiek geword het, het Verwoerd die geleentheid gehad om Afrikaans die enigste amptelike taal te maak en van die Engelse te vereis om finaal te kies tussen hierdie land en Engeland. Pleks daarvan, het Verwoerd die perd van “versoening” en die “blanke nasie” wat kastig tweetalig sou wees, opgesaal. Sodoende het hy die Engelse hand versterk en dit was net ’n kwessie van tyd voordat ons herower sou word om die huidige verskrikking van “Engelse demokrasie” saam met die Zimbabwiërs en die Irakiërs te beleef.
Wie Georgina Guedes ook al is, ’n verengelsde Portugees wat haar op haar Johannesburgse identiteit beroep (asof ons hoegenaamd in haar gehegtheid aan Sandton City of die Fourways Mall of ander tempels van Anglo-Amerikaanse kultuur belangstel), verteenwoordig sy ’n simptoom van Suid-Afrika se Engelse probleem wat met die jare net groter geword het.
Agter die moordenaars en verkragters wat ons teister en agter die Zimbabwiese immigrant wat oor ons grense stroom, staan ’n grinnikende Engelsman wat sadistiese behae in sy vernietigingswerk en in ons ondergang skep.
Anders as die gehate Engelse met hul neigings tot volsmoord en etniese suiwering, wil ons die goed nie noodwendig uitwis nie. Maar ons sal moet besef dat tweetaligheid en die blanke nasie van weleer ’n groot fout was. Daar kan geen kompromie met die Engelse heersersklas in Johannesburg en Kaapstad wees nie. As die Afrikaner eers uit sy huidige slaapwandeling wakkergeskrik en agtergekom het wat aangaan, sal ons by die eerste die beste geleentheid Afrikaans as enigste amptelike taal in die hele land, uitgesonderd Natal, moet vestig. Laat die Engelse hulle in die huidige reeks naamsveranderings verkneukel, want by die eerste, beste geleentheid gaan ons elke Engelse naam in hierdie land na ‘n inheemse Afrikaanse naam verander. Elkeen van die kitsch veiligheidsbuurte met hul pretensieuse Engelse of Italiaanse name sal na ‘n Afrikaanse naam verander word, net soos wat die Vlaminge in Vlaandere met Franse name gedoen het. Wie die laaste lag, lag die lekkerste.
Die helfte van die Engelse sal binnekort daarna huistoe gaan omdat hulle dit nie sal kan verdra nie en die ander helfte wat intussen met ons ondertrou, Afrikaans geleer en in ’n groot mate verinheems het, sal by ons integreer en sodoende sal ons ’n Afrikanernasie vir die toekoms kan bou. Sonder Engelse opstokers en kranksinnige linkse rooinekintellektuele en –joernaliste wat dinge soos “transformasie” en kwasi-kommunistiese gelykheid verkondig, sal die verhouding tussen ons en die swartes so goed wees soos dit nog altyd was. ‘n Nuwe tydperk van vrede en voorspoed sal aanbreek en Engelse terreur en anargie sal tot die verre verlede behoort.
Mense soos Georgina Guedes behoort egter aangemoedig te word om hul haat jeens Afrikaans en Afrikaanse plekname uit te spuug. Dit herinner ons aan die ware aard van die Engelsman, die groot vernietiger in Suider-Afrika wat sy handskoenoorlog met Sjona- of Xhosahuurtroepe voer.

No comments: