Wednesday, June 27, 2007

Die verskil tussen Vlok en PW

Die verskil tussen Vlok en PW



Geskryf deur Anton Barnard
Woensdag, 27 Junie 2007
Die voorgenome vervolging van oud-minister Adriaan Vlok bied 'n waardevolle les vir alle gatkruipers en meelopers. PW Botha het geweier om voor die bobbejaan in sy pers rok by die WVK te verskyn, en is dus in vrede gelaat. Gekonfronteer met 'n bietjie vasberadenheid, sluip die regime stert tussen die bene weg. Vlok, daarenteen, gooi alle waardigheid oorboord en kruip letterlik voor die vyand, en word vir sy moeite beloon met vervolging.
Dieselfde met naamsveranderinge. Afrikanergroepe praat en soebat oor naamsveranderinge, maar Tshwane en Tlokwe bly. Inkatha blokkeer egter 'n paar deurpaaie, en die regime skrik hom boeglam oor Durban se naamveranderinge. Skielik is die deure vir gesprekvoering in Durban weer oop.
Ek wonder hoe lank gaan die linkses en liberales nog neem om te verstaan dat Afrikane glad nie swakheid en kruiperigheid respekteer nie? Vir wie het die ANC die meeste respek, te oordeel aan sy optrede - Vlok of PW Botha?
Dis duidelik dat Afrikaners toenemend begin verstaan hoe om met die vyand te handel, terloops - vanoggend teem, skree en huil dit verskriklik op SAFM radio omdat "rassiste" glo 'n klomp padtekens wat na die regime se "helde" vernoem is, in die Vaalrivier gaan gooi het, en ek lag my vrek vir die regime se hoogheilige gekerm. Tog snaaks hoe ferm optrede soos 'n paar padtekens se verwydering kon regkry wat redelikheid, soebat en smeek nie kon nie, of hoe? Skielik is woordvoerders van Potchefstroom se stadsraad beskikbaar om oor die radio te praat, waar hulle in die verlede bloot op die verdrukking van die massas oor die minderheid in die naam van "demockracy" aanspraak gemaak het.

http://www.praag.org/mambo/index.php?option=com_content&task=view&id=623&Itemid=37

1 comment:

Anonymous said...

Jou argument oor PW en Vlok lyk vir my geldig, maar om padtekens te verwyder of ontsier is nie 'ferm optrede' soos die Zulus s'n nie. Dit is maar net stoutgatgeit.
Dit pla nie die owerhede nie, want dis die belastingbetaler wat daarvoor betaal om dit weer te vervang. Hulle stuur iemand om dit te vervang, wat ook nie omgee om dit te doen nie, want dit hou hom in 'n werk.
Op die ou end gaan die stout ouens wat die padtekens aanval, eerste moeg word of dalk beboet word.