Thursday, April 19, 2007

Ja , Boet , dis Goed

Eish, Boere doen dit met "De La Rey",






Boers with balls - no, we're not referring to the peecee metrosexuals of the Springbok team, we mean the *real* thing. General De La Rey rides again! On Thursday 19 April, a group of brave young Boers showed some fantastic initiative, and reclaimed their birthright in crystal clear terms. As of yesterday morning, Nelson Mandela Drive in Pretoria was renamed "GENERAAL DE LA REY WEG".

http://southafricasucks.blogspot.com/



Monday, April 16, 2007

Die STEM

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika

...............
...............
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vadere
Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
Teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer

Soos in op die Dag van Bloedrivier, moet ons Saamstaan , Dit is weer voor ons

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER
HISTORIESE AGTERGROND
Die Bloedriviermonument, 'n huldeblyk aan die Slag van Bloedrivier (1838), is 'n fokuspunt van die Afrikaner se kultuurerfenis. Die graniet Kakebeenwa-Monument wat deur Coert Steynberg ontwerp is, is in 1939 voltooi, maar as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog is dit eers in 1947 onthul. Die brons walaer is in 1971 op die plek waar die oorspronklike laer in 1838 gestaan het, opgerig en op 16 Desember van dieselfde jaar onthul. Hierdie rekonstruksie van die walaer is uniek in die wêreld!
'N KORT GESKIEDENIS
Baie Voortrekkers wat in die vroeë en middel 19e eeu die Britsbeheerde Kaapkolonie verlaat het om hul eie regering te vestig, het Natal as bestemming gekies. Hul leier, Piet Retief het met die Zulukoning Dingane, grondonderhandelinge aangeknoop. Op 6 Februarie 1838 is Retief en sy makkers op bevel van koning Dingane by Mgungundlovu gedood. Tydens opvolgaanvalle deur die Zulumagte sterf honderde Voortrekkers by Weenen en Blaauwkrantz. Die Voortrekkers se nuwe leier, Gerrit Maritz sterf ook hierna, en laat die Voortrekkers ontydig leierloos.
Andries Pretorius wat in November 1838 in Natal aankom, word onmiddellik as nuwe leier verkies en aangestel as kommandant-generaal. Pretorius bring 'n kommando met homself as leier en Karel Landman tweede in bevel, met ses kommandante en ongeveer 464 Voortrekkermans en 'n groot getal helpers en wadrywers, op die been. Drie Britse setlaars met ongeveer 120 helpers van Port Natal het hulle vergesel. Met 64 waens en 2 tot 3 kanonne vertrek die kommando vanaf Zaaylager (naby Estcourt) in 'n noordelike rigting verby die huidige Ladysmith.
Op 9 Desember lê die Voortrekkers 'n gelofte af, dat as God hulle 'n oorwinning oor die Zulumag gee, hulle die oorwinningsdag as 'n sabbat sou gedenk en 'n kerk in Sy naam sou oprig. Die gelofte is vervolgens elke aand herhaal.
Teen 15 Desember het die kommando die oewer van die Ncomerivier bereik. Die aand is die Zulumag gewaar en 'n laer is getrek. (Historici verskil daaroor of die laer D-vormig of sirkelvormig was). Die area is strategies gekies sodat dit aan die suidekant deur 'n diep donga beskerm is van 'n aanval en vanaf die ooste deur 'n seekoeigat in die Ncomerivier. Die Zulumag sou gedwing word om vanaf die oop vlakte aan die noorde- en westelike kante aan te val. Swaar reëns het ook die gebied moerasagtig gemaak, met hoë riete langs die rivierwalle.
Die waens is stewig aan mekaar vasgemaak. Veghekke van doringtakke het die openinge tussen die waens toegemaak. Die kanonne is op strategiese plekke, in die rigting vanwaar die aanval verwag is, geplaas.
Die Zoeloemag het uit tussen 12 000 – 15 000 manskappe bestaan. Hulle was opgedeel in vier groepe: die hoofmag wat uit meer ervare krygers bestaan het, twee horings of flanke wat die jonger en meer voortvarende krygers uitgemaak het, en 'n reserwemag agter. Die krygers aan die linkerflank het swart skilde en dié aan die regterflank rooi skilde gedra. Die reserwemag het wit skilde gedra. Die strategie was dat die twee horings die Voortrekkers moes omsingel en 'n gesamentlike aanval moes loods, waarna die hoofmag sou aanval.
Vroeg op die oggend van 16 Desember 1838 het die linkerhoring van die Zulumag, bestaande uit 3 000 man, hulself ver voor die regterhoring en hoofmag ontplooi. Die impi's het die Ncomerivier en donga oorgesteek en 'n aanval vanuit 'n noord-westelike rigting geloods. Hulle is teruggedryf en het gaan skuiling soek in die donga. Hierdie eerste aanval het 'n uur en 'n half geduur.
Die hoofaanval het vanuit 'n suid-oostelike rigting gekom. Dit het bestaan uit die hoofmag en die regterhoring wat gesamentlik ongeveer 9 000 – 12 000 man getel het. Die regterhoring het die Ncomerivier noord van die laer probeer oorsteek, maar Voortrekker-geweervuur het dit gefnuik. Hulle het nou suid beweeg na die drif in die rivier, waar die linkerhoring vroeër oorgesteek het. Die hoofmag het hulle gevolg. Die aanval was nie suksesvol nie. Volgens historici sou 'n gesamentlike aanval van twee kante wel kon geslaag het.
Die Zulumagte het aanhoudend aanvalle geloods, maar tevergeefs. Teen 11:00 het die Zulumag begin terugval. Hierop het Andries Pretorius dadelik 'n berede mag uitgestuur. Baie Zulukrygers is gedood terwyl hulle die rivier probeer oorsteek het. Van hier die benaming Bloedrivier. Die agtervolging het drie uur geduur. Die Zoeloemag is oorwin en ‘n beraamde 3 000 krygers het omgekom. Slegs drie Voortrekkers, waaronder Pretorius self, is gewond,.
Op 20 Desember het die kommando Dingane se koninklike hoofstad bereik. Mgungundlovu is verlate en afgebrand gevind. Op die koppie Kwa Matiwane daar naby, het die Trekkers die oorskot van Piet Retief en sy manskappe gevind, wat op 6 Februarie 1838 gesterf het. In Retief se bladsak was die traktaat wat hy en die Zulukoning Dingane onderteken het. Hiervolgens het Dingane 'n sekere grondgebied in Natal aan die Voortrekkers oorgedra.
BRONNE
Chadwick, G.A. 1981. Bloedrivier, 16 Desember 1838.
D’Assonville,V.E. 2000. Bloedrivier .Weltevredenpark: Marnix.
Duvenhage, G.D.J. 1988. Die Groot Trek: Die eerste drie jaar, die Gelofte, deel III.
Laband, J. 1995. Rope of Sand: The rise and fall of the Zulu Kingdom in the nineteenth century. Johannesburg: Jonathan Ball.
Muller,C.F.J.1978. A Pictorial History of the Great Trek. Kaapstad:Tafelberg.
Smail, J.L. 1968. Monuments and Trails of the Voortrekkers.
Taylor, S. 1994. Shaka’s Children: A history of the Zulu people. London: Harper Collins